Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die Tarentaal" deur TOTIUS
"Die Tarentaal" deur TOTIUS [boodskap #8987] Vr, 04 April 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
DIE TARENTAAL
Totius (J.D. du Toit 1877-1953)

Die kruiwawiel se skreeugeluid
kerm hy droefgeestig uit
terwyl die skeemring vinnig daal,
die tarentaal.

Hy soek - en dit is ook al laat -
vir hom 'n kameraad,
om in 'n boom die eensaamheid
en nag te slyt.

Saam sal hul in 'n blinkblaarboom
half slaap, half waak, half droom,
en by die naadring van verderf,
alleen nie sterf.

*

Ek het gemik, en met die knal
het een dood neergeval;
die ander vlieg met wilde krag
weg in die nag!

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: "Kensington Muezzen" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "Die donker voor die malhuis se deur" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 11:31:05 MGT 2024